fbpx
Telephone: 012 653 4474/2              Emergencies: 082 5511966                       Email: accounts@bakenkop-vet.co.za

Rolo Beukes

Goeie dag,

 

Ek wil graag net die tyd vat om dankie te se.

 

My baba is Sondag laat mddag deur ‘n ander hond aangeval. Ek het gebel om te hoor of julle nog oop is en ‘n dame het onmiddelik ja gese.

Sy het mooi verduidelik oor konsultasie fooie ens en dadelik gese ek kan hom maar inbring.

 

Ek dink dieselfde dame het my buite by my kar ontmoet die oomblik toe ek daar stop. Sy het aangebied om te help en ek kon net vir haar my beursie en sleutels gee oor ek nie my Rolo wou laat gaan nie.

Binne het sy hom deurgevat na die Dr toe. Beide dames het gevra of ek oke is, vir my water en koeldrank aangebied om die senuwees te kalmeer en kort kort gaan loer en kom se da thy oke is en ek binnekort na hom sal kan deurgaan.

 

Die Dr het my kom haal, my verduidelik wat fout was. My gerus gestel en hom verder gaan behandel

Na die tyd het sy my die wonde gewys en die behandeling voorentoe verduidelik.

 

Gister was ek terug vir sy check up gister en my moed wou in my skoen sak toe ek sien hoe vol julle is, maar die selfde twee vriendelike dames het ons weer verwelkom en kort voor lank is Rolo gehelp en ons kon huistoe gaan.

 

Ek is uit my hart uit opreg dankbaar vir die ongelooflike diens- ek kan sien die mense wat by julle is doen dit vir die liefde daarvan en nie net vir ‘n lewe nie.

 

Baie baie dankie dat julle so mooi na my baba omsien!

 

Beukes Familie

Contact Us

Tel 012 653 4474/2 and After hours 082 5511 966 Fax 012 653 4353

Address: 1 Caper avenue, Eldoraigne x 3, Centurion

Get our App today!