Telephone: 012 653 4474/2              Emergencies: 082 5511966                       Email: accounts@bakenkop-vet.co.za

Liefde, Sparky

Die siekte het my liggaampie sy huis gemaak

In my kom woon

My elke dag aangeval

Ek voel goor

Weet nie hoekom nie

Bang en alleen

Soms is daar vreemde mense om my

Soms kom my mense kuier

Pype word deel van my bestaan

Sien die bekommernis in hulle oë

Hartseer en trane

Ek sien uit na die tye wat ons kan kuier

Tog het hulle nie opgegee nie

Gebede het my omsluit

My gedra

Tesame met geloof, hoop en liefde

Veg ons daagliks

Met tye gaan dit beter

En dan…bereik ek ‘n laagtepunt

Wat nou?

Die vrees en onsekerheid oorval my

Maar hulle hou moed

En veg aan my sy

Hulle dra my

En tesame het ons Parvo oorleef

Dankie aan Bakenkop Dierekliniek

Vir al die liefde, ondersteuning

En dat julle nooit opgegee het nie.

Liefde, Sparky

Contact Us

Tel 012 653 4474/2 and After hours 082 5511 966 Fax 012 653 4353

Address: 1 Caper avenue, Eldoraigne x 3, Centurion

Get our App today!