Telephone: 012 653 4474/2              Emergencies: 082 5511966                       Email: accounts@bakenkop-vet.co.za

Job Well Done

From: Neil Cilliers
Sent: Saturday, 30 January 2021 21:26
To: Accounts <Accounts@bakenkop-vet.co.za>
Subject: Baie dankie!

Goeie dag

Ek besef die e-pos adres is vir rekeninge maar ons hoop dit bereik die regte plek.

Ek wou net graag vir julle hele span sê baie dankie vir die great diens wat ons vandag ontvang het!

Ons was verskriklik bekommerd oor ons Ranger vanoggend.

Ons was by julle voordat dit eintlik oop was en ons was nogsteeds dadelik gehelp. Die ontvangs was baie behulpsaam en vriendelik alhoewel dit vroeg was op ‘n naweek!

Dr Sone het goed verduidelik wat sy dink aangaan en ek dink sy het ‘n goeie call gemaak oor wat die probleem was en watse behandeling nodig was! Ons sou waarskynlik te ver gegaan het met diagnose/behandeling so sy het in die proses ons baie geld gespaar! Alhoewel hy steeds op pyn meds is, is hy strate beter!

Boonop die bogenoemde het ek gedink die pryse was regtig redelik!

Weereens baie dankie vir die goeie ervaring deur ‘n stresvolle tyd!! Ons waardeer dit genuine! Hoop dat julle al julle pasiënte en hulle ouers altyd so goed sal behandel soos wat ons was! Well done!

Vriendelike groete

Neil & Marike

Contact Us

Tel 012 653 4474/2 and After hours 082 5511 966 Fax 012 653 4353

Address: 1 Caper avenue, Eldoraigne x 3, Centurion

Get our App today!