From Russia with Love
From: Calitz Family
Sent: Wednesday, 09 October 2019 08:07
To: Sr Cindy Du Preez | Bakenkop Animal Clinic Inc <cindy@bakenkop-vet.co.za>
Subject: Re: Dasha
Hi.
Dis geen probleem, ons dink jy het n baie mooi artikel geskryf en ons glo ook die kern van die boodskap bly dieselfde. Baie dankie
Ons wil graag baie dankie sê aan jou asook Dr Yolandé en al die ander dokters wat ons nou al gehelp het. Ons het geglo ons gaan julle nie weer gou sien nie, maar na ons 2 kleintjies siek geraak het, het julle ons so mooi gehelp. Dankie vir julle geduld met ons, Dr Yolandé het so vreeslik baie geduld ook gehad met elkeen van ons besoeke, ons het elke keer soveel kommer gehad en vreeslik baie vrae. Ons waardeer dit opreg.
Ons is baie dankbaar om te kan sê ons twee siek “puppies” is nou weer hulle ou self. Na gister oggend se besoek het die tweede inspuiting vinnig ingeskop en ons is so dankbaar.
Hopelik sien ons mekaar nou net weer by ontwurmings en inentings 🙂
Groete Caltiz’e