Telephone: 012 653 4474/2              Emergencies: 082 5511966                       Email: accounts@bakenkop-vet.co.za

Caring Heart

From: Ryna Greeff [mailto:ryna.greeff@gmail.com]
Sent: Sunday, 02 August 2020 22:12
To: Lariza Herbst | Bakenkop Animal Clinic <lariza@bakenkop-vet.co.za>
Subject: Cheeky du Plessis R.I.V

Goeie dag

Eerstens wil ek net baie dankie se aan Bakenkop vir julle geduld, liefde en onvoorwaardelike hulp met Cheeky die laaste twee weke…en nog meer dankie aan Dr. Orsilla. Sy is n engel. Ons is so dankbaar vir haar en ek weet Cheeky was ook ongeag hoe dinge uitgedraai het, sy het n goeie lewe gehad en baie van haar ‘disability’ het haar glad nie gepla nie, syt oral gegaan en gedoen wat ons gedoen het, syt meer gedoen as meeste gesonde honde, syt n lus en liefde vir haar lewe gehad, dink dis omdat sy n DBV hondjie was, en sy was net so dankbaar vir ons liefde en ons vir haar liefde, dit het elke dag gewys! Ons weet sy is nou waar daar geen pyn of ‘disability’ haar terughou nie.

n Liefdevolle herinnering aan Cheeksie..

Jy groet my nie meer, 

As ek by die deur instap nie.

Jy’s nie meer daar om n glimlag op my gesig te sit nie,

my te laat lag…

Die lewe is stil sonder jou,

Jy was meer as net n troeteldier.

Jy was n familielid, n vriend, my hondekind.

‘n Liefdevolle siel wat ek nooit sal vergeet.

Tyd sal genees,

En die stilte om te gaan le.

Ek luister nog vir jou, ek hoor jou nog, en mis jou elke dag.

Jy was die BESTE metgesel.

Konstant, lojaal…

My hart sal veraltyd jou voetspore dra wat jy agterlaat!

#cheeky #noekie #noenoe #mybabaveraltyd #riv

Groete Ryna’ & DP du Plessis

Contact Us

Tel 012 653 4474/2 and After hours 082 5511 966 Fax 012 653 4353

Address: 1 Caper avenue, Eldoraigne x 3, Centurion

Get our App today!