Caring for Strays
From: Cindy Strauss
Sent: Tuesday, 17 November 2020 20:29
To: Accounts <Accounts@bakenkop-vet.co.za>
Subject:
Goeiedag
AAN WIE DIT MAG AANGAAN
Wil groot asb net vreeslik baie baie dankie sê vir die ongelooflike diens wat ons van Bakenkop Dierekliniek ontvang het Maandag 16 November 2020 toe ons 3 optelkatjies ingebring het wat siek was. Dankie dat julle bereid was om ons te help om die kostes laag te hou. Ons het baie “rescues” tuis en “ferals” wat ons voer. Ons uitgawes is erg maar ons doen dit uit liefde. Ons het al bottelbabas groot gemaak, baie kattekinders verloor😪😪 aan Leukemia, FIP of nierversaking. “Been there, done that”. Dis nooit maklik nie maar ons byt vas. Ons sê net BAIE DANKIE dat julle ons gehelp het. Ons waardeer dit ongelooflik baie.
Groete Franco en Cindy Strauss.